Jan
@jan botes sanger
10Following
10Followers
Pretoria, 0084 South Africa
Joined Jun 6, 2010
Jan Botes is in Excelsior gebore, daar groot geword en skool gegaan. Vir die van julle wat nie weet waar dit is nie, dis ‘n klein plattelandse dorpie so ‘n uur se ry van Bloemfontien af. Hier was Jan ook deel van die skoolkoor, nie net het Jan ‘n groot liefde vir sing gehad nie, hy het ook vir die skool rugby gespeel. Die skoolkoor het ook met geleenthede in die plaaslike Kerk opgetree.
Na skool, met geen musikale loopbaan in die vooruitsig nie, het hy eers by die Poskantoor sentrale gewerk (nommer asseblief). Jan verlaat die sentrale om sy diensplig te gaan doen.
Na sy diensplig het Jan se lewenspad met hom ‘n hele paar kronkels geloop.
Deurentyd het sy liefde vir sing nie verflou nie, dit was soos ‘n brandende vuurtjie in hom, die gogga wat hy nie kon stil nie.
Die gogga het hom behoorlik beet gekry toe hy een van die Drie Tenore se vertonings bygewoon het. Na die onvergeetlike vertoning was daar geen keer nie.
Jan het met sy vrou hieroor gepraat en daar is besluit om aan die groot droom
van hom te werk.
Jan het sy stemtoets by Chris Coetzer, van ons Eie Drie Tenore met lof geslaag. Hy het by een van Chris se musiekskole Cantate aangesluit waar hy onder leiding van Pieter Oberholzer van die Grafsteensangers, sy sangmeester, sanglesse geneem het om so sy stem te bevorder. Hier het hy aan huiskonserte deelgeneem.
In Junie 2006 neem hy deel aan die CC Studios Eisteddfod waar hy met 2 A’s en
2 B plusse wegstap. In dieselfde jaar neem hy ook deel aan die Tehila & Jubilate waar hy ook onderskeidelik met ‘n pragtige 85% en 82% wegstap.
Aardklop 2007, tree Jan op by die Klip-innie-bos verhoog, hy deel ook die verhoog met van ons land se ander wonderlike kunstenaars soos Pieter Koen, Fredi Nest en nog vele meer. Jan was ook op Waldo Lotz se web blad te sien.
Jan skryf ook sy eie liedjies, dis moeilik om altyd te sê waar en wanneer die woorde uit sy pen vloei.
Wat ons wel weet, is dat die liedjie, “Angel In The Sky� vir sy vrou geskryf is. “Doef Doef� is geskryf omdat so baie mense in die oggende oppad werk toe ry so mismoedig lyk agter die stuurwiel en Jan wil daardie mense uit hulle stoele lig om hulle te verlig van hulle droewigheid in die verkeer.
“Ek Dank Die Heer� is geskryf spesifiek vir verliefde paartjies wat ewige trou aan mekaar beloof.
“Sir Lowry’s Pas� kry sy oorspong toe hy en sy vrou in Febuarie 2007 vakansie hou heelbo op die berg, daar het hy met die prag van die Kaap kennis gemaak waar die ink uit sy pen geloop het, met die see aan die een kant en Steenbras dam aan die ander kant, en mis wat oor die kranse kruip.
Dus wag daar ‘n ongelooflike toekoms op hom, en vir ons, wonderlike musiek om na te luiser.
Jan se liefde en nog groter aptyd vir musiek, is lank nog nie klaar nie, ons kan nie wag om te sien en te hoor wat hy volgende vir ons gaan bring nie.
My Music
Artist
1 song ·
1 artist
Comments
3
doctor of oldies
Dec 18, 2010
Thanks for the ADD jan..Happy Holidays :)
jan botes sanger
Jun 05, 2010
Hi daar almal, kyk en luister gerus na my liedjies, laai dit ook af en geniet dit.
Groete,
Jan
Hi Doc, thank you and enjoy